Posted by: Braam van der Schyff | 20 November, 2011

Vergete waardes: Integriteit

Ons kyk na 3 waardes wat ek dink geweldig skaars geword het in die wêreld waarin ons leef.

Al wat jy hoef te doen, is om die nuus 1 keer ’n dag te kyk en jy sal agterkom hoe skaars het die waarde van integriteit geword.

Om elke hoek en draai is daar iemand wat iemand anders inloop.

En moenie die fout maak om te dink dat dit net vandag so is nie, ek dink dit was 20 jaar gelede net so groot probleem, dit was net nie so openlik raakgesien nie.

En dan is dit ook in plekke waar ’n mens gedink het mense het integriteit, soos die kerk of geestelike leiers en dan gebeur dit gereeld dat mense agterkom, hulle is nie veel anders nie

En nie net mense wat op die voorgrond is nie, ook mense in jou eie lewe.

Dit gebeur van tyd tot tyd wat jy besef, daar gebeur dit weer, ’n gebrek aan integriteit.

Read More…

Posted by: Braam van der Schyff | 14 November, 2011

Vergete waardes: Lojaliteit

Ons begin vandag ’n reeks wat ek noem Vergete waardes.
In die volgende 3 weke gaan ons kyk na 3 waardes wat ek dink geweldig skaars geword het in die wêreld waarin ons leef. Ons kyk na Lojaliteit, Integriteit en Dankbaarheid.
Vandag: Lojaliteit. Dit is seker een van die waardes wat die laaste dekade of so die meeste in die slag gebly het. Die meeste mense het geen sin vir lojaliteit meer nie.
Dislojaliteit is ’n groot probleem vandag. Wie sal met my saamstem?
Nou, wie van julle sal julle basies as ’n lojale persoon beskou?

Kan jy die spanning hier sien? Ons sê aan die eenkant lojaliteit is ’n groot probleem in die wêreld. Aan die ander kant beweer feitlik almal dat hulle lojaal is. Dit bring my by die eerste punt wat ek wil maak vanoggend:  Read More…

Posted by: Braam van der Schyff | 6 November, 2011

Die sin van 8 tot 5: Stres en my 8 tot 5

Die grootste bron van stres in ons lewens behalwe verhoudings is… werk.
Ons is besig met ’n reeks oor die sin van 8 tot 5 en vandag gesels oor oor stres by die werk.
Matt. 11:28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” Message

Alhoewel dit baie moeilik is om miskien een enkele definisie te gee van wat stres is weet ons wat stres is. Ons ervaar dit, en dis dalk makliker om dit te omskryf.
Ons weet hoe dit ons emosies affekteer, hoe ons afgestomp raak.
Ons gedagtes raak vasgevang en ons raak gepreokkupeer met ons probleme.
Ons weet wat die effek daarvan is in ons liggame. Wie van ons het nog nie by die dokter gehoor, toe ons gevra het hoekom het ek hierdie siekte gekry?  En ons hoor, ek weet nie, maar ek dink dis stresverwant.

Read More…

Posted by: Braam van der Schyff | 30 Oktober, 2011

Die sin van 8 tot 5: Waarmee vul ek 8 tot 5?


‘Werk’ het vir ons ’n vloekwoord geword. Vir baie mense is dit die deel van hulle lewe wat hulle die meeste haat.
Die gemiddelde mens leef so 25 000 dae in sy leeftyd. Hiervan is 8500 dae slaap, 6500 dae jou eie tyd en 10 000 dae daarvan spandeer jy by die werk.  Die grootste deel van jou lewe. Daarom is dit so belangrik wat ons doen in hierdie tyd.
Om te sê my werkstyd het niks met my verhouding met God te doen nie, is om te sê dat 40% van my lewe maak nie vir God saak nie.

Ons het verlede week gesê dat ons nie ’n onderskeid kan maak tussen my werkslewe en my geestelike lewe nie.
Nee, elke saak in ons lewens is ’n geestelike saak. Nie net kerk en Bybel sake nie.
My hele lewe tel by God, nie net my geestelike lewe nie.
Hy stel belang in elke area van my lewe.

Read More…

Older Posts »

Kategorië

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.