
‘Werk’ het vir ons ’n vloekwoord geword. Vir baie mense is dit die deel van hulle lewe wat hulle die meeste haat.
Die gemiddelde mens leef so 25 000 dae in sy leeftyd. Hiervan is 8500 dae slaap, 6500 dae jou eie tyd en 10 000 dae daarvan spandeer jy by die werk. Die grootste deel van jou lewe. Daarom is dit so belangrik wat ons doen in hierdie tyd.
Om te sê my werkstyd het niks met my verhouding met God te doen nie, is om te sê dat 40% van my lewe maak nie vir God saak nie.
Ons het verlede week gesê dat ons nie ’n onderskeid kan maak tussen my werkslewe en my geestelike lewe nie.
Nee, elke saak in ons lewens is ’n geestelike saak. Nie net kerk en Bybel sake nie.
My hele lewe tel by God, nie net my geestelike lewe nie.
Hy stel belang in elke area van my lewe.
Ons het ook verlede week gesê dat 70-80% van mense in ongelukkig in hul werk.
Ons het gekyk na jou dryfveer vir jou werk, hoekom gaan jy werk toe en wat is God se plan met jou werk?
Vandag kyk bietjie meer na jou werk self. Waarmee vul ek 8 tot 5?
Ek wil miskien so stappie terug gee en iets baie basies vir jou vra. Dit is twee vrae waaroor elke mens een of ander stadium van sy lewe wonder:
Hoekom is ons hier? Wat maak ons hier? Wat is die doel met my lewe?
Hoe kan ek ’n goeie gelukkige, sinvolle lewe leef?
En van die slimste mense oor die eeue het hierdie vrae debatteer en bedink.
Eph. 6:5-7 “Servants, respectfully obey your earthly masters but always with an eye to obeying the real master, Christ. Don’t just do what you have to do to get by, but work heartily, as Christ’s servants doing what God wants you to do. And work with a smile on your face, always keeping in mind that no matter who happens to be giving the orders, you’re really serving God.” The Message
So hoe leef ek dat “Don’t just do what you have to do to get by?”
Meeste se droom is: ek wil onafhanklik raak. Ek wil nie in iemand se oë kyk vir iets nie.
Maar dit is ’n illusie waarmee ons grootword. Ons is altyd afhanklik van iets.
As dit nie mense is nie, dan van die banke, of die ekonomie of die politiek of die klimaat.
Die illusie dat ek kan aftree en nooit weer ’n dag se sorge gaan hê nie is vals.
En tog is dit die prentjie waarmee baie van ons werk elke dag.
As ek die Lotto kan wen, man, daardie 15 miljoen gaan my lewe verander.
Dit mag so wees, maar moenie dink dat dit al jou bekommernis gaan wegneem nie.
So voor ons verder besin oor hierdie diep lewensvrae wil ek jou vra om iets uit die vergelyking te haal:
1. Jou idee / prentjie van werk
Baie van ons sien werk as iets waarmee in kwaai God ons mee kom straf het.
Werk, werk, werk. Is dit so dat dit ’n vloek is?
Wel, as ons na Genesis 3 kyk dan voel ons dalk so, maar eintlik moet ons kyk na Genesis 1 en ’n God sien wat vir 6 dae lank werk.
En na Genesis 2 waar God vir Adam en Eva sê hulle moet sorg vir hierdie skepping.
Dit is nie asof Adam vir die Here gesê het, so hoe lyk die ‘perks’, die verlof, af tye en bonus nie? Jy sien, sonde het ons beeld van werk skeef gemaak.
2. Haal geld uit.
Jy sê, is jy mal, in watter wêreld leef jy? My antwoord is: nee.
Gaan geld jou ’n gelukkige mens maak? Daar is al so baie flieks hieroor gemaak.
“The pursuit of happiness” “The Gift”
Maslow het lank terug al gesê jou twee primêre behoeftes is kos en veiligheid.
En as hierdie twee behoeftes ontmoet is, dan maak geld nie soveel saak nie.
Geld beteken nie outomatiese geluk nie. Ons wêreld sê presies die teenoorgestelde.
Hoe meer ek het, hoe gelukkiger sal ek wees.
Kom ek illustreer dit so: As ons almal dieselfde salaris verdien het, waarmee sou jy jouself besig gehou het?
Jou antwoord sal jou leidraad wees waarmee jy eintlik moet besig wees.
As jy R15 miljoen in die bank gehad het, waarmee sou jy jouself besig hou?
Dit is ’n roeping. Roeping is nie net vir mense wat in ’n voltydse bediening werk nie.
Nee, ons is almal deur God geroep.
Leef met ’n roeping
Ons het verlede week gesien in die Chariots of Fire se Eric: “God mad me to run, and when I run I feel his pleasure.” What did God make you to be?
Jy sien, roeping is meer as ’n beroep, ’n loopbaan, ’n job.
Waarmee jy 8 tot 5 vul moet ’n roeping wees en nie net ’n ‘job’ nie.
Jy sê ja dit is maklik vir jou om te sê, jy werk voltyds vir die Here.
Dit is so, maar ek het dit gekies, dit was nie altyd so nie. My lewe was goed op pad om in hoë leer in die korporatiewe wêreld te klim.
Dan wil ek nog iets hier ingooi. Ons het twee roepings in ons lewe:
Die eerste primêre roeping wat ons het, is net om God se kind te wees.
Om net Sy kind te wees is al klaar ’n groot taak. Dink maar aan die kind van enige koning.
Maar dan het ek ook ’n sekondêre roeping. Dit wat my Braam maak.
Dit was my die unieke mens op hierdie aarde maak, wat my anders maak as 6 biljoen ander mense wat hier leef in 2011.
En dit is my verantwoordelikheid om hierdie gawes, talente, belangstellings, vermoëns en passies te ontdek en dit tot eer van God te gebruik.
Ps. 139:16 “U ken my totaal. Alles is soos U dit wil hê. Toe ek grootgeword het, het U vir my gesorg. U beheer ook my hele lewe. Nog voordat ek mens geword het, het U my al beplan. U het my lewe toe al in u hand gehou. God, dit troos my om te weet dat U alles in u hand hou. Die gedagte daaraan is net te groot om te verstaan.” Boodskap
Hy het jou unieke vermoëns en gawes gegee. En hierdie gawes moet gebruik word om Hom te verheerlik en nie jouself te verheerlik nie.
Thomas van Aquinas het gesê: “God het soveel fasette, elke mens reflekteer een aspek daarvan.”
Hierdie dinge is belangrik – inteendeel dit is so belangrik na my mening dat jy op die verkeerde plek kan wees wat jou werk (roeping) aanbetref en jy kan nog steeds God verheerlik daar indien jy besef Hy wil jou daar gebruik.
Beteken dit dat ek ’n maklike lewe sal hê wanneer ek op die regte plek is?
Ek glo nie so nie. Dit vat soms ’n paar verkeerde paaie. Dit vat soms ontdek, foute maak, uitvind wie jy is, teleurstellings, sodat God jou kan vorm vir dit wat Hy deur jou wil doen.
Maar as ek my roeping uitleef, dan sal ek t.s.v. moeilikhede nog steeds vervuld voel.
“God uses the disappointments, disillusionments, and failures of your life to take your trust away from yourself and help you put your trust in Him.” Fenelon.
Hoekom wil Hy jou vertroue wegneem van jouself af en meer op Hom plaas?
Want ons is hier om Sy naam groot te maak, om Sy koninkryk te bou en Sy wil uit te voer, nie ons eie nie.
Hoe ontdek ek my roeping?
As almal dieselfde verdien het wat sou ons gedoen het?
Om jou persoonlikheid te ken. Die spore lê dikwels in jou kinderdae.
Celine Dion – nog voor sy gehuil het, het sy gesing. (grap)
Daar is dinge in ons temperament wat ons nie kan verander nie:
Waar kry jy jou energie? Hoe samel jy jou inligting in? Hoe jy ’n besluit neem met daardie inligting? Hoe jy jou lewe organiseer?
Dit gaan nie verander nie, maar jy moet weet wat dit is.
Die res kan verander. Jou waardes, jou insig en perspektief, wie inspraak in jou lewe het?
Maar as ons nie sovêr gaan en uitvind wie ons is nie, dan gaan ons bly in die donker bly rondtas.
Daar is persoonlikheid instrumente soos enneagram is 2000 jr. oud.
Jy moet ook jou gawes en talente ken.
Ons doen ons die gemeente ’n kursus – Ontdek jou Plek, waar jy daarvan sal ontdek.
Dit gaan baie meer as net ’n begeerte kos om uit te vind waarvoor God jou geroep het.
Ons het sekere sterkpunte, strenghts. Gallop se strenghtsfinder sê ons het 34 talente of 5 hoof talente. Dan is jy jouself. Jy moet ontdek wie jy is en waarmee jy goed is, anders gaan jy vir altyd rondtas om jou roeping te vind.
Dalk sal dit nie die ‘waar’ ons werk verander nie, maar die ‘hoe’ ons werk.
As jy hierdie dinge uitvind, dan kan ’n mens begin om jou 8 tot 5 verander om jou roeping uit te leef.
Waar is ek nou? Waar wil ek graag wees?
Moet ons almal môre ons werk bedank en sendingwerk begin doen?
Jy moet verstaan, met God word geen oomblik word gemors nie, selfs die slegte / verkeerde plekke in ons lewe. As jy hier getrou is waar jy nou is, dan sal God jou bevorder.
Ek dink aan Josef. Hy begin as witbroodjie, dan word hy verkoop as slaaf, dan word hy bediende, dan word hy hoofbediende, dan beland hy weer in die tronk, dan lê hy die drome uit van die skinker en die bakker, dan vergeet hulle hom weer in die tronk, dan lê hy die koning se droom uit en eers later word hy heerser oor Egipte.
Kol. 3:23-24 “Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk. Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen. Die Here sal julle gee wat julle verdien… Want die eintlike Baas vir wie julle werk, is mos Christus!” Boodskap
Waar wil ek graag wees? Ek weet nie wat dit vir jou is nie maar ek kan jou verseker dat dit geloof, risiko’s en onsekerhede gaan behels.
Mark 8:35 “Only those who give their lives away for My sake and the gospel will ever know what it means to truly live.” LB
As ons lewe net oor ons inkomste en ons lewenstandaard gaan en hierdie dinge speel die grootste rol oor waar ek werk en wat ek doen, dan is my vertroue basies maar in ’n goue kalf.
Daarom is dit nodig om seker te maak dat die plek waar ek werk, dit plek is waar God my wil gebruik.
As ek daarvan oortuig is, moet ek ook voortdurend by Hom hoor HOE Hy my daar wil gebruik?
Ek moet oplet waarmee God reeds besig is by my werksplek en in wie se lewens Hy werk en hoe Hy MY daarby wil betrek.
As jy by die ware roeping kom, sal daar ’n energie loskom en jy sal jou passie begin uitleef. Geen teenstand of moeilikheid wat jou tref sal jou van koers af kry nie.
Dan sal dit sal die mense om jou raak, dit sal die frustrasie faktore verminder in jou lewe.
En jy sal jou jou 8 tot 5 met betekenis begin vul.
Storie van Gen. William Booth van die ‘Salvation Army’ wat siek was toe hy ‘n toespraak moes lewer op hulle 50ste verjaarsdag vir hulle volgende 50 jaar.
Hy stuur ‘n telegram wat sê: “others” “others” “others!”
Wat domineer jou lewe? Me, myself and I? Of “others”?
Jy kan nie meer soos Jesus word as jy net aan jouself dink nie.
Jesus het self gesê: “Ek het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien.”
Dan sê Hy op ‘n ander plek: Dieselfde opdrag waarmee Ek gestuur was stuur Ek julle.
God wil ons gebruik daar by jou 8 tot 5. Hy het jou gestuur as Sy ‘rep’ om Hom te verteenwoordig.