
Die grootste bron van stres in ons lewens behalwe verhoudings is… werk.
Ons is besig met ’n reeks oor die sin van 8 tot 5 en vandag gesels oor oor stres by die werk.
Matt. 11:28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” Message
Alhoewel dit baie moeilik is om miskien een enkele definisie te gee van wat stres is weet ons wat stres is. Ons ervaar dit, en dis dalk makliker om dit te omskryf.
Ons weet hoe dit ons emosies affekteer, hoe ons afgestomp raak.
Ons gedagtes raak vasgevang en ons raak gepreokkupeer met ons probleme.
Ons weet wat die effek daarvan is in ons liggame. Wie van ons het nog nie by die dokter gehoor, toe ons gevra het hoekom het ek hierdie siekte gekry? En ons hoor, ek weet nie, maar ek dink dis stresverwant.
Ons weet hoe dit ons in ons gees affekteer. Ons voel of ons gebede teen die dak gaan en asof die Here vêr is van ons, en asof ons nie Sy teenwoordigheid kan ervaar nie.
Party van ons is natuurlik onbewus hiervan, maar uiteindelik raak ons bewus daarvan as ons lewe ons dwing om te kyk wat aangaan binne in ons.
Baie van ons werk met stres deur te werk met die simptome van die stres.
As dit net weggaan, as my omstandighede nou net verander, dan gaan ek okay wees.
Maar die stres is nog steeds binne in ons, en dit is dan asof hierdie stres wat in ons is vir ons nuwe goed skep wat ons uitdaag in ons lewe.
Dis asof ons probeer afdroog onder ‘n kraan wat wat drup baiekeer, en dit help nie, want die oorsaak van dit waarmee ons sit word nie hanteer of aangespreek nie.
Nou kom Jesus en Hy nooi sy dissipels uit, lank voor die woord stres bestaan het, en Hy omskryf iets van wat stres is en Hy nooi hulle uit, Hy sê as jy moeg is, lewensmoeg is, as jy vermoeid is, as jy belas is, as jy net voel die lewe raak te veel, raak te swaar vir jou, kom na My toe. Jesus sê kom weg saam met My, hou My fyn dop, kyk wat Ek doen, kyk hoe Ek dit doen en dan volg jy My, en dan kan jy jou lewe terugkry.
“Learn the unforced rhythms of grace.”
1. Identiteit: wie is jy?
Jesus hoor ‘n stem wat vir Hom sê, dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
Dit was net voordat Hy begin het met Sy bediening, en die oomblik toe Hy die stem hoor toe ontdek Hy sy identiteit.
Hy vind uit wie Hy ten diepste regtig is. Hy aanvaar dit.
Direk nadat Hy die stem gehoor het word Hy versoek, juis om Sy identiteit op ‘n ander maniere te vind, kry dit deur iets te doen, tot stand te bring, kry dit deur wat die mense van jou gaan sê, wat die mense van jou gaan dink, kry dit deur goed bymekaar te maak, maar Jesus wys dit van die hand af.
Ons almal het ‘n identiteit, of jy bewus is daarvan of nie, en die maklikste manier om uit te kom by jou identiteit is om uit te vind waarin vind jy jou waarde, waaraan koppel jy jou ek, wat laat jou regtig goed voel, wat gee jou sekuriteit, wat laat jou voel ek is okay?
Ons kry dit, net soos in die versoeking van Jesus, dikwels in dit wat ons doen, dit wat ons bymekaarmaak, wat ons het, of dit wat die mense van ons sê en dink.
Jou identiteit gaan in ’n groot mate jou gedrag bepaal.
Dit gaan jou onbewustelik op maniere laat optree wat baie negatief vir jouself is.
Dit is natuurlik ‘n baie groot bron van stres in ons lewens, want dink net ‘n bietjie daaraan. Waar gaan ek dit kry?
Waar gaan ek my waarde kry? Wat sê vir my dat ek goed genoeg is?
Waar gaan ek voel dat ek behoort? Dat ek iewers inpas in hierdie lewe?
Waar gaan ek my betekenis kry? Dat my lewe saak maak. Dat ek ’n verskil maak.
Hoeveel van ons mans veral vind ons waarde in wat ons doen.
Want as ek nie ‘produce’ nie dan is ek mos nie iets werd nie.
As ek hierdie drie dinge in my werk soek, gaan ek op een of ander stadium ’n groot krisis ontdek. My werk kan nie vir my betekenis gee nie, dit kan ook nie vir my waarde gee nie.
Hoekom?
Want dan hang dit van my af, of van iemand anders af wat dit vir my moet gee.
En as ek dit gekry het, hoe gaan ek dit bewaar?
As ek net nog ‘n bietjie meer kry, sal dit beter wees vir my.
Dis ‘n groot resep van stres in ons lewe.
As jy vanmôre diep omgekrap is, gestres is, vat dit jou juis dalk terug na een van hierdie drie groot elemente.
Is dit nie juis omdat jy nie kan kry wat jy wil hê nie?
Is dit nie dalk omdat ons konstant die goedkeuring van ’n persoon soek wat nooit tevrede sal wees nie?
Paulus sê die Heilige Gees is in elkeen van ons en Hy praat met ons.
Rom. 8:16-17 “Die Gees oortuig ons dat ons regtig God se kinders is. Omdat ons sy kinders is, is ons ook sy erfgename—alles wat God beloof het, wag op ons omdat ons in Christus glo. Hy maak dat ons God se kinders en ook sy erfgename is.” Bdskp
Net soos wat die stem tot Jesus gekom het, is daar ‘n stem diep in jou binneste.
Het jy dit al ooit gehoor hier diep in jou wese: Jy is My kind, Ek het ‘n welbehae in jou!
Ons moet daardie stem meer gereeld hoor sodat hierdie identiteit in ons diep gevestig kan word. Ek wil sê daardie wete moet feitlik daagliks by jou kom.
Dink net wat kan dit aan jou doen as jy weet die Almagtige, die Skepper, sê vir jou jy is My kind. Ek kyk na jou. Ek sal vir jou sorg. Ek gee om vir jou. Dis nie ‘n storie nie. Dis nie ‘n nice idee wat jou kan vertroos as dinge moeilik gaan nie. Dis ‘n realiteit waarin jy kan stap en waarin jy kan leef.
2. Motivering: wat motiveer jou?
Joh. 5:30 “I can’t do a solitary thing on my own: I listen, then I decide. You can trust my decision because I’m not out to get my own way but only to carry out orders.” Message
Daar is diep binne in ons ‘n diep behoefte aan aanvaarding.
Ons het ‘n vrees vir verwerping, party van ons baie sterker as by ander.
Ons is gemaak om te behaag. Ons wil behaag.
Nou, is die vraag: wie probeer jy behaag?
Met trots sê baie mense ek gee nie om wat mense dink nie.
Ek gee nie om nie want… ek doen wat reg is vir MY.
My grootste behoefte is om myself tevrede te stel.
Dit is MY drome, MY lewe, MY koninkryk wat gebou moet word.
Ons noem dit egoïsties, narsisties. Ander probeer hulle lewensmaat tevrede stel.
Daar is van ons wat probeer om ons ouers tevrede te stel.
Daar is… van ons probeer om die gesiglose massa tevrede te stel.
Wat gaan die mense sê as ek dit doen?
Dis natuurlik ook ‘n groot resep vir stres want jy kan nie almal tevrede stel nie, en jy gaan hulle nooit tevrede… ek meen, God kan dit nie eers doen nie, nou probeer jy dit doen.
Ek weet van predikante wat vertel dat hulle aan die een kant van die berg kom, dan is daar druiwe boere, dan moet daar gebid word, dit moet asb. net nie reën nie. Dan kom die predikant aan die ander kant van die berg dan is daar koring boere, dan word daar ernstig ingetree vir reën.
En meen, vir wie moet die Here luister? Iemand gaan teleurgesteld wees.
Maar tog probeer baie van ons al die mense in ons lewe tevrede stel.
Weet jy wat, jy gaan iemand teleurstel en dis okay.
Iemand gaan nie van jou hou nie en dit is okay.
Hoekom? Want ten diepste moet jou lewe draai om elke oomblik van die dag net Een tevrede te stel nl. God. Om dit reg te kry om te leef vir net Een is makliker gesê as gedoen.
Ek het al gehoor hoe vrouens elke dag bestaan net om hul man tevrede te stel.
Ek het ‘n hele paar jaar terug ontdek in my lewe dat ek nog steeds probeer om my pa tevrede te stel.
My pa was uitgedaag gewees om liefde te kon wys en te kon sê, en baie min het ek gehoor of gevoel dat ek eintlik okay is of genoeg doen nie, en diep binne in my was daar ‘n diep motivering om net daardie woorde by my pa te kan hoor: Jy is okay, jy doen fantasties. Ek het altyd gevoel ek doen nie genoeg nie, dit is nie goed genoeg nie.
Ek het dit lankal besef en partykeer probeer ek nog steeds, net om dit te kan kry.
Wie probeer jy behaag?
3. Visie: waarheen gaan jy?
Lukas 4:43 “Ek moet die Goeie Nuus van die koningsheerskappy van God in ander plekke ook verkondig, want dit is waarvoor Ek gestuur is.” NLV
Dit was vir Hom duidelik wat die doel was van sy lewe.
Luke 9:62 “Anyone who lets himself be distracted from the word I plan for him is not fit for the Kingdom of God.” LB
God het ‘n roeping vir jou, Hy het ‘n plan vir jou.
Het al ooit daaraan gedink dat jou loopbaan nie gemaak moet word deur hoeveel geld jy verdien nie maar deur die vermoëns, talente en die roeping wat die Here vir jou gegee het?
As jy nie so lewe nie dan raak dit baie moeilik om prioriteite vir jou lewe te kry.
Jy kan nie ‘nee’ sê nie, want wie weet, dalk is dit net die ‘gap’ waarvoor jy gewag het.
Dit beteken dat ons ook dikwels oorlaai word, dat ons aanvat wat ons nie moet aanvat in die lewe nie. Ons werk hard, ons doen so baie dinge, maar ons bereik niks daardeur nie. Ons kom nêrens nie. Ons voel net dis te veel.
God het vir ons genoeg tyd gegee om Sy wil te doen. “He won’t lay anything heavy or ill-fitting on you.” As jy nie tyd het vir die belangrike dinge in die lewe nie, dan doen jy die verkeerde goed of jy doen dit op die verkeerde manier.
4. Raak bewus van die mooi en die misterie
Matt. 6:28 “All this time and money wasted on fashion-do you think it makes that much difference? Instead of looking at the fashions, walk out into the fields and look at the wildflowers.” Message
Jesus, daar is ’n wêreld wat verlore gaan en jy wil na die blommetjies kyk?
Ja, sê Jesus, gaan kyk na die natuur, kom bietjie eenkant en rus.
Dink bietjie waarvoor breek jy jou rug so elke dag.
Dink jy nie een van hierdie wonders in die natuur is groter as jou handewerk nie?
As jy die woord “let op” of “kyk” bestudeer in die Grieks dan sien jy dit beteken letterlik:
Kyk aandagtig na die skepping. Kyk diep daarna, sien die mooi, sien die misterie.
God is aktief in die skepping, Hy wil ons eenkant neem en wys hoe Hy werk.
Hy sorg vir die mossies, Hy hou die sterre en planete in hul wentelbane.
Ontdek die grootheid en die misterie van God.
En dan sê Hy: JY IS BAIE MEER WERD AS DIT.
Laat gaan jou bekommernis sê Jesus en kom vind rus by My.
Wat is in die kern van sonde? Dat ons intimiteit, konneksie verloor met God.
Ons verloor konneksie met onsself, met God, met ander mense, met die natuur.
Ons is afgesny en afgestomp van die bron van ware lewe.
Jesus het dikwels woestyn toe gegaan, Hy het berg toe gegaan, en Hy het see toe gegaan, net om tyd met Sy Vader te spandeer.
Daarom het ons retraites in ons gemeente, ’n tyd waar jy net weer kan fokus op God.
Verwondering is daardie ervaring wat jy het dat jy te doen het met ‘n misterie.
Ek kan nie alles verstaan nie. Hier is ‘magic’ en dis buite my beheer.
Dis baie groter as wat ek is, en ek is deel daarvan. Ek word geraak daardeur.
Dit kan nie saam met stres gaan nie. Dis ‘n teëvoeter vir stres.
Die oomblik wanneer jy in verwondering gaan, en dis wat Jesus geleer het in Matteus 6, kyk, maak die konneksie, sien dit, beleef dit in jou binneste, raak in verwondering.
Dan gaan die bekommernis. Ek hoef nie bekommerd te wees nie.
5. Leer om Fees te vier
Matt. 11:19 “Jesus came enjoying life …” Phillips
Een van die groot probleme wat mense gehad het met Jesus het, kyk hoe lag Hy.
Kyk, Hy drink wyn, Hy gaan partytjies toe. Ons het ’n probleem daarmee.
Natuurlik pas hierdie Jesus ook nie in baie van ons se verwysingsraamwerk baie lekker in nie.
Iemand het eenkeer gesê Jesus is die beste manier om te lewe, die enigste manier om te sterf. Dink jy so? As jy so dink dan kan jy gefassineer word, dan wil jy Sy student wees, dan wil jy Hom volg, dan wil jy uitvind.
Het Hy regtig die lewe? Is dit in Hom? Dan kan jy vanmôre na Hom toe gaan?
Dan kan ons vanoggend die nagmaal gebruik omdat Hy lewe gebring het.
Dan kan ons die Brood eet omdat net Hy die een is wat jou honger gaan voed.
Dan kan jy die wyn of druiwesap drink omdat Hy al jou pogings wat misluk het kom weg was het met Sy bloed.
Dan kan jy vandag weer herinner word deur die nagmaal aan die grootste daad van liefde wat daar nog ooit was in hierdie lewe: die kruis van Jesus Christus.